Bloed van Jesus
BLOED PLEIT????
Hierdie onderwerp is nou juis een van die goed wat vir babas in geloof geleer word deur werkers van ongeregtigheid. Dit is 'n voorbeeld van vaste kos wat gegee word vir mense wat nog nie onderskeidingsvermoë het nie. Ek was een van daardie mense. Voordat ek REGTIG Bybel gelees het, het ek baie spirituele boeke gelees. En uit daardie boeke het ek geleer ons mag die bloed van Jesus oor ons en ander en sommer ook ons besittings ook pleit. So ek vat niemand aan oor hierdie onderwerp nie, want ons doen dit omdat ons nie van beter weet nie. Omdat ons glo wat in boeke staan, maar ons moet alles wat in boeke staan gaan toets teenoor dit wat in die Woord staan.
Voordat ek die Here se stem duidelik gehoor het, het ek ook die bloed gepleit. Tot op 'n dag wat die Here my in die gees prontuit vra hoekom doen ons dit? Dit maak Hom baie hartseer as ons dit doen. En ek het die Here geantwoord: want ek het gelees in boeke ons mag dit doen. Die Here het my na my Bybel gestuur en gese ek moet skrif gaan soek in die Bybel wat sê dat ons dit mag doen. Ek het gesoek en gesoek en gesoek en besef daar is nie so 'n skrif in die Bybel nie. Die mense vat sekere skrifte en hulle verdraai dit en misinterpreteer dit. Ek het dadelik op my kniee gegaan en die Here onverskoning gevra oor ek dit gedoen het. Daardie dag het die Here gesê ek mag nooit weer 'n ander boek lees nie, nie na anderse cds luister of enigiets van die aard nie. NET DIE BYBEL. Want ons leer klomp strooi in ander boeke. Die Here het my verduidelik hoekom dit Hom so ongelukkig maak as ons die bloed pleit:
Ons besef nie wat Jesus regtig vir ons kom doen het aan die kruis nie. Ons verstaan en besef nie waardeur Jesus regtig gegaan het daardie dag aan die kruis nie. Ons voel nie hoe Jesus gevoel het of hoe vreeslik hartseer God was dat Hy Sy Seun so moes sien ly nie. Ons dink nie aan Jesus se pyn of Sy verlatenheid wanneer ons die bloed pleit nie. Dis onaanvaarbaar vir God. Ons misbruik Jesus se bloed. God se woorde is: "Taking the blood om My Son for granted."
Dit is baie swaar bloed wat gevloei het daardie dag en ons vat dit baie ligtelik as ons sommer die bloed wil gebruik om aan te wend as beskerming. Sy bloed het daardie dag die bose kom oorwin. Sy bloed het een keer gevloei, dit moes vloei, daarom was dit so bestem dat hulle die spykers deur Jesus se hande en voete moes slaan. Die bloed moes vloei vir satan om te sien. Want toe het satan geweet hy is uitoorle - deur die bloed van 'n Goddelike Mens. Let wel- DIE BLOED VAN 'N GODDELIKE MENS!!! Ons is alles behalwe goddelik, so as satan bloed oor ons sien gaan dit hom nie afskrik nie, want ons is nie goddelik nie - hy lag heerlik vir ons onkunde. Inteendeel, die persoon wat begin het met die ding om bloed te pleit is versker 'n werker van ongeregtigheid gewees, die persoon is deur satan geleer om die res van die mensdom te mislei, dit is nou om vaste kos vir melkdrinkers aan te bied...
As ons dit doen, sien ons net die bloed raak, want dit kom weereens terug na die mens se selfsug. Net soos die mense in Joh 6 - hulle het nie die ware Brood van die Lewe raakgesien nie, maar fisies brood. Hulle het nie vir Jesus raak gesien nie, maar net genesing. Hulle sien net raak wat in hulle behoeftes kan tel. Net so sien ons as ons die bloed pleit, nie Jesus se seer en leed daardie dag raak nie, ons sien net die bloed raak omdat dit vir ons iets kan beteken. Ons behoort ons te skaam. En die ergste van alles - ons pleit dit sommer oor besittings ook. Ons besef nie wat ons doen nie, ons besef nie hoe erg ons Jesus se bloed misbruik nie. Jesus se bloed lewe, en om Sy bloed oor lewelose besittings te pleit, is absurd om die minste te sê. Jy pleit die kosbaarste ding - bloed wat lewe - oor'n ding wat nie lewe nie, wat nie gees of siel het nie. Neeeeeee.......
Die dag wat Jesus gesterf het, het die lug donker geword, daar was donker wolke, die aarde het gedreun, God was baie harseer oor die seer van Sy kind, God het getreur oor Sy Seun. En ons wil die bloed net gou opslurp vir ons eie gebruik. Ons mag nie. Die bloed is daar om skoon tee was. Die bloed reinig ons. Die bloed heilig ons. Kom sit eerder onder die kruis en beleef hoe swaar Jesus gekry het daardie dag dat Sy bloed op jou kan drup en dit jou kan skoonwas. Dis waarvoor dit is, nie vir beskerming nie.
Wanneer ons nog babas in die geloof is, en ons nog baie kort op die regte pad is, het ons nog nie al ons sonde voor God uitgesorteer nie. Ons het nog nie al ons sondes bely voor God nie. En dit is verskriklik belangrik - dat ons de laaste ding waaraan ons kan dink, voor God se voete sal kom neersit en onverskoning vra daarvoor sodat God ons kan vergewe. Soveel keer onder gebed en in drome het die Here dit herhaaldelik gese: "BELY, BELY, BELY!" En wanneer ons dit doen, dan kom God en was ons skoon - dit is 'n proses, dit is nie sommer net 'n 5 minute rympie gebed en siedaar! nie. Ons is besig met 'n lewende God hier, nie met towerwoordjies en opsê-rympiegebede in 'n speletjie nie.
Wanner al ons sondes nog nie van ons afgewas is nie, en ons word gelok deur hierdie werkers van ongeregtigheid om hul spys en drank in te neem, staan ons 'n kans om baie erg vas te sit in hierdie taai slym. Dan gaan ons niks verder wil hoor of sien nie, want ons sit vas in die web van die bose wat ons doof en blind maak. Dis baie hartseer as dit gebeur, want die Here sal iemand stuur om die persoon te help uit die web uit, maar baie keer wil die mense eenvoudig nie luister nie. Dan gryp die voëls hierdie babas in geloof wat vassit in die slymweb en vlieg met hulle weg, oor die waters na hulle eie bestemming. Al wat ek sien is swart en al wat ek hoor is "tormenting" en toe sien ek vuur.
Jesus se bloed moet binne ons wees, ons moet dit drink, dit suiwer ons van alle ongeregtighede en maak al die kieme en virusse BINNE ons dood. Wanneer ons skoon raak binne, begin ons 'n lig skyn, en dit is wat satan weghou van ons af. Hy kan lig nie verdra nie, daarom is dit so baie belangrik dat ons 'n lig skyn. En ons kan net 'n helder lig afgee as ons skoon is binne en die enigste ding wat ons kan skoonmaak van binne, is Jesus se bloed wat deur ons are bruis. Terwyl die Here hierdie verduidelik, hoor ek Hebr 6. As ons Jeus se bloed so wil pleit as beskerming oor ons, is dit asof jy weer vir Jesus kruisig (v6). As jy die bloed van Jesus oor jou wil pleit, het jy nog nie die waaragtige waarheid by God gehoor nie. Jy stel jouself oop as 'n oop target vir satan. Veral as jou hart nie 100% opreg is voor God nie, dan is jy 'n oop target vir satan. As jy in jou sonde Jesus se bloed oor jou pleit, dan meng die bloed aan jou buitekant met jou sonde, en die Here noem dit: "filthy blood." Jy moet voor God kom dat Hy jou kan skoonwas. Maak seker daar is nie sondes wat jy nog nooit bely het voor God nie, maak seker daars nie iets wat jy probeer wegsteek vir God nie. Maak seker daar is nie iets wat met 'n agenda gedoen word nie. Jy kan onmoontlik nie Jesus se bloed oor jou pleit as daar nog sonde aan jou vaskleef nie. Dit veroorsaak dat jou lig ook nie uit jou uitskyn nie. Ons moet asseblief in die regte verhouding met God kom sodat ons Sy stem kan hoor.
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment