Brood van die Lewe
BROOD VAN DIE LEWE
In Joh 6 het Jesus met die skare gepraat. Hulle was fisies (en geestelik) siek en baie honger. Hulle het saamgedrom om na Jesus te kom luister, maar daar was 'n rede hoekom hulle kom luister het - hulle kon iets daaruit kry - die selfsugtige mensdom. Hulle het geweet Jesus gaan vir hulle kos gee en hulle genees. Hulle het nie gekom oor hulle waarlik lief was vir Jesus of dat hulle regtig in Hom gegelo het nie, hulle het net gekom sodat daar in hulle behoeftes voorsien kon word. Hoe verskriklik misbruik moes Jesus gevoel het!!!
Jesus sê in v26: "You're not looking for me because you saw miracles. You are looking for Me because you ate as much of those loaves as you wanted. 27 Don't work for food that spoils. Instead, work for the food that lasts into eternal life. This is the food the Son of Man will give you."
M.a.w hier sê Jesus ons het voedsel nodig wat ons sal laat opgroei tot die ewige lewe.
In v51 sê Jesus: "I am the living bread that came from heaven. Whoever eats this bread will live forever. 53 If you don't eat the flesh of the Son of Man and drink His blood, you don't have the source of life in you.
55 My flesh is true food, and my blood is true drink.
56 Those who eat my flesh and drink my blood live in Me, and I live in them." Hieruit sien ons duidelik ons het Jesus as die Brood van die Lewe nodig, ons moet dit inneem en dit is niks anders as die Woord van God nie. Joh 1:14 sê ook: "Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon..." Dit is Jesus. Jesus is die Woord! Jesus is die Brood. Ons neem dit in deur die Woord van God. En die bloed van Jesus moet ons ook inneem:
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment