Melk
MELK
Wanneer ons nog met melk gevoed word, leer God ons nog die basiese dinge van geloof en dan het God ook begin met ons heiligmakingsproses. God begin ons skoonmaak van 'n kant af. Hy was ons skoon met Jesus se kosbare bloed. Dit is ook 'n proses, dit gebeur nie in een dag nie. Die HG sal jou kom herinner aan sonde en verkeerde leefwyses en maniere. Een dingetjie op 'n slag. En soos HG dit aan jou bekend maak, moet jy dit bely voor God. En wanneer jy dit bely het voor ons groot en wonderlike Vader, kom was Hy ons skoon met Sy Seun se bloed.
Deurdat God ons nog melk gee om te drink, moet ons afhanklik van Hom raak en Hom alleen. Hy wil ons afsonder om ons te leer en hierdie afsonder beteken ook dat ons Woord net van Hom sal inneem en nie van iemand anders nie. Dan besef ons ons kan nie sonder God en Sy Woord leef nie. Die melk kry ons deur die Woord en die ware Woord alleen. Ons sal geestelik sterf sonder hierdie melk. Die melk van die Woord van God leer jou oor God, dit leer jou hoe ontsettend lief God jou het, jy gaan vir God leer ken uit Sy Woord uit, op geen ander manier nie.
'n Baba wat nog net op melk kan leef, gaan baie siek raak as hy sommer vaste kos begin inkry. Net so gaan jou gees baie siek raak as jy vaste kos gaan inneem i.p.v melk. Jy gaan dit nog nie kan verteer nie, veral as jy die werkers van ongeregtigheid se vleis gaan inkry - jy gaan 'n vergiftigde siek gees hê dan. Ons mag nie vaste kos inneem as ons nog op melk moet wees nie, die melk het sekere vitamienes in wat jou gees voed en laat groei. Wanneer ons nog op melk is, word ons al die basiese goed van geloof geleer. Die melk is die Woord.
1 Petr 2:2: "Desire God's pure Word as newborn babies desire milk. Then you will grow in your salvation. Certainly you have tasted that the Lord is good." As jy die melk inkry, gaan jy proe hoe goed God is, en jy sal dan begin smag na meer melk.
God leer ons ook voordat Hy ons gawes vir ons gee. Hy gaan nie ons gawes vir ons gee terwyl ons nog op melk voed nie. Hy weet wanneer ons kan oorgaan na vaste kos toe, Hy weet wanneer die tyd reg is om ons gawes vir ons te gee en ons moet dit nie uit God uit probeer forseer nie. Ons mag nie die HG gawes afbid oor onsself of oor iemand anders nie. Die Here gee dit wanneer Hy weet ons is reg daarvoor, wanneer Hy ons klaar voorberei het daarvoor. Ons kan nie op melk wees en verwag om wonders te sien gebeur nie. Ek praat nou van goed in die geestelike realm. God gaan ons nie op melk voed en ons blootstel aan allerhande snaakse goed in die geestelike realm nie want Hy weet ons het nog nie onderseidingsvermoë nie. Ons moet eers sterk wees en weet waar ons krag vandaan kom, voordat God ons gaan blootstel aan die geestelike wêreld. God sal seker maak ons het eers onderskeidingsvermoë voordat Hy ons sal blootstel aan allerhande dinge. Dan begin God vir ons vaste kos ingee.
In vandag se tyd wil mense wonderwerke sien gebeur voordat hulle glo net soos in die tyd van Joh 6. (Onder Brood van die Lewe) Hulle vra sommer prontuit in Joh 6:30 watse wonderwerk Jesus gaan doen sodat hulle kan glo in Hom? En net so vandag: as mense iemand sien wonders doen, dan glo hulle sommer daardie persoon doen dit deur God. En satan weet dit. Dis hoekom hy soveel van sy slymerige bose paddas en slakke (werkers v ongeregtigheid) uitstuur om wonders te doen. Die mense wat nog op melk gevoed moet word, hoor van wonders wat gedoen word, en omdat hulle nog nie onderskeidingsvermoë het nie, glo hulle dit word gedoen in die naam van God. Maar eintlik doen hierdie mense hierdie wonderwerke onder 'n vals HG...
Die mense wat nog melk gevoed moet word, is te haastig en soek meer en daarom vergryp hulle hulle aan alles wat hulle in die hande kan kry net soos die Israeliete in die woestyn hulle vergryp het aan die kwartels. Die mense in die woestyn was nie meer tevrede met die manna nie en het gemurmureer vir meer en meer en meer. Net soos vandag se mense nie tevrede is as God hulle met die melk voed nie, want hulle soek meer en meer meer. Hulle soek wonderwerke.... En dan word hulle so maklik verlei deur die werkers van ongeregtigheid en hulle word vaste kos - vleis - gevoer. Hierdie vleis is volg gif gepomp.
Hebr 5:12-14: "You need milk, not solid food. ... They are still babies. 14 Solid food is for mature people whose minds are trained by practice to know the diffence between good and evil." God sal wel vir jou die vaste kos begin gee wanneer Hy weet jy is reg daarvoor, wanneer God weet jy hoor en luister na Sy stem alleen. Want dan eers gaan jy kan onderskei tussen goed en kwaad.
1 Cor 3:2-5: "I gave you milk to drink. I didn't give you solid food because you weren't ready for it. Even now you aren't ready for it, because youre still influenced by your corrupt nature. When you are jealous and quarrel among yourselves, aren't you influenced by your corrupt nature and living by human standards?
1 Petr 2:2 (33): "Lê dan alle boosheid en alle bedrog en alle geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die ONVERVALSTE MELK van die Woord." Ons moet die onvervalste melk van die Woord inkry, nie die vaste kos wat gif bevat wat satan se werkers vir ons wil gee nie.
Net soos 'n baba wat kan leef net op melk, so moet ons leef net op die Woord. Die Woord is ook ons Brood, ons Manna. Ons kry dit direk van God af. Hy praat met ons deur Sy Woord. Jy het niemand anders nodig om jou te leer oor God nie, die veilligste manier is om stil te sit by God se voete dat Hy jou self kan leer. Hy doen dit op verskillend maniere - Hy ken elkeen van Sy kinders en werk met elke kind van Hom op 'n spesiale manier. Sagkens werk Hy met elkeen, Hy vertroetel ons met Sy Woord, Hy vul ons met liefde deur Sy Woord.
1 Joh 2:27 sê: "The anointing you received from Christ lives in you. You don't need anyone to teach you something else. His anointing is true and contains no lie. So live in Christ as He taught you to do."
Ek kan nie genoeg sê hoe baie belangrik dit is dat ons NET na God sal luister nie. Begin by Sy Woord, soek vir God in Sy Woord, nie by ander mense nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment