Ek vertel eers van 'n vorige visioen sodat jy die hele prentjie inmekaar kan pas: (elke visioen lei na die volgende onderwerp, bo-aan die bladsy sal jy die onderwerpe van die volgende gedeelte sien)
1STE VISIOEN OOR DIE BOSE SWART VOELS - "FALSE REVIVAL"
'n Paar weke terug het die Here die volgende vir my gewys:
Ek staan saam met Jesus op die water en Hy wys vir my 'n helder rooi/oranje seester. Jesus vra vir my wat is die betekenis van die kleur van di ster? Ek se ek dink oranje staan vir HG. Jesus se ja, dis reg, maar dit ook 'n simbool van God se vuur = God se toorn.
Die volgende oomblik hoor ek iets bo in die lug en toe ek opkyk, vlieg daar swart goed oor ons wat lyk soos 'n groot eend gekruis met 'n vlêrmuis, met bloedrooi bekke. Hulle vlieg tot op die strand en toe hulle land, sien ek daar sit goed op hul rûens. Hierdie swart bose voëls was net 'n "vervoermiddel" vir die gedroggies wat van hulle rûens afklim. Die goed wat van die voëls se ruens afklim, lyk soos pikswart paddatjies, hulle beweeg dadelik die land in. En die Here sê hard en duidelik: "FALSE REVIVAL"
Soos die bose paddas die land inbeweeg, groei hulle - hulle word groter en hulle kry vlerke. En oral waar hulle loop, gee hulle slym af. Deurskyndende taai slym. En weer sê die Here: "BE CAREFUL WHERE YOU TREAD!" Dadelik besef ek hier kom moeilikheid, en ek moet baie versigtig wees vir die slym wat hierdie bose goed afgee, alhoewel ek toe nog nie verstaan het wat dit is nie.
Soos die paddas groter word en vlerke kry, kan hulle begin vlieg. Dan kan hulle oorleef op land, in die lug en in die water. En oral gee hulle hierdie slym af. Dan is dit asof hulle weer kleintjies afgee en hierdie goed lyk soos swart slakke, maar sonder 'n dop. Hulle bly so groot soos hulle is, maar waar hulle beweeg, gee hulle nog meer slym af as die paddas. Oral waar ek kyk, is die slym van hierdie gedrogte.
Na baie gebed het die Here dit baie duidelik gemaak dat hierdie gedrogte wel mense is wat vals leringe in ons land inbring uit ander lande uit. Dit is die valse uitstorting van die HG, daarom het die Here gese "False revival". Ons moet wegbly van hierdie sogenaamde "goddelike mense" af. Ons moet net altyd onthou, hierdie vals mense ken ook die Bybel, alhoewel hulle dit net bietjie verdraai om hulle te pas. Hulle laat "val" die HG oor die mense, maar dis nie nie die HG wat van God af kom nie, dis 'n bose gees wat HG namaak. Hulle doen ook "wonderwerke" soos genesing, hulle doen dit net nie deur God nie, maar deur satan. Hulle verlei die mense verskriklik, veral diegene wat nog nie vasstaan in die een ware God nie / diegene wat nog nie heeltemal gewortel is in God nie. Die vreeslike taai slym wat hierdie vals mense afgee, is soos 'n spinnekop web wat mense vasvang. En as hulle jou eers in hulle mag het, dus in die slym het, is dit verby. Jy gaan alles glo wat hierdie leuenaars vir jou vertel.
2 Dae nadat die Here dit vir my gewys het, hoor ek oor die radio van Tod Bentley wat sopas in SA gearriveer het - hy is een van die valsste leraars ooit. En elke 2de woord wat uit sy mond kom, is "revival". Dit is die vals revival waarvan die Here gepraat het. Mense, ons moet wegbly van sulke mense af, moenie dat enigeen jou die hande oplê nie, ons besef nie die gevaar daarin nie. Dis hoekom die Here gesê het: "Be careful where you tread." Ons moet wegbly van hierdie eersoekers af, hulle gee slym af en ons mag nie in hulle slym trap nie. Dis nie om net fisies na hul byeenkomste toe te gaan nie, dit is om hulle boeke te lees, cds te luister ens.....
Rom 16:17: "I urge you to watch out for those people who create divisions and who make others fall away from the Christian faith, by teaching doctrine that is not the same as you have learned. STAY AWAY FROM THEM. 18 People like these are not serving Christ our Lord. They are serving their own desires. By their SMOOTH TALK and flattering words they deceive unsuspecting people." Hier is die "smooth talk" - dis die slym waarin jy gaan vassit as jy luister na hierdie mense. Hulle het 'n manier om alles so waar en wonderlik te laat klink, maar gaan weeg asb hulle woorde op teenoor die ware Woord van God. Dit is hoekom dit so baie baie belangrik is om die Woord van God waarlik te ken. Anders gaan jy nie die waarheid van die leuen kan onderskei nie.
No comments:
Post a Comment